top of page

SOKKER: Arsenal trap Man City met 5-1 sege in Engelse Premier Liga

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 3
  • 1 min read

Arsenal het Maandagaan op hulle tuisveld die Emirates-stadion in Noord-Londen die beste vertoning van die seisoen gewys in ‘n 5-1 oorwinning oor Manchester City. Die Gunners het vroeg in die wedstryd teen die verdedigende Engelse Premierliga kampioene die voortou geneem met kaptein Martin Odegaard wat die agterkant van die doel kon vind in die tweede minuut van die wedstryd. Die Citizens het sake gelyk getrek in die 55ste minuut deur Erling Halaand maar slegs ‘n minuut later het Arsenal weer die voortou geneem deur ‘n doel van Thomas Party. Myles Lewis-Skelly, Kai Haverts en Ethan Nwaneri kon almal ook ‘n doel vir hulself inpalm voor die eindfluitjie geblaas het.

 
 
 

Comments


bottom of page