SOKKER: Bafana afrigter Hugo Broos betrek nuwelinge vir volgende twee vriendskaplike wedstryde
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 30, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika se nasionale afrigter Hugo Broos het talle jong spelers ingesluit in die Bafana groep vir hul volgende twee vriendskaplike wedstryde teen Tanzanië op 6 Junie en Mosambiek op die 10de. Die breier het Mamelodi Sundowns se spelers oorgesien aangesien hulle tans voorberei vir die Wêreldklub-toernooi en ook diè naweek in die eindstryd van die Afrika-liggaam se Kampioeneliga-reeks deelneem. Broos het die groep van 41 na 23 gesny en kry diè spelers nou kans om in die Cosafabeker-span te speel en hand op te steek om vir Bafana se senior span oorweeg te word. *Die Cosafabeker-toernooi vind vanaf 4 tot 15 Junie in Bloemfontein plaas.






Comments