top of page

SOKKER: Bafana Bafana & Egipte speel gelykop in Bloemfontein

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 3, 2025
  • 1 min read

Bafana Bafana en Egipte het mekaar Sondagaand in die Afrika Nasiesbeker-kwalifiserings wedstryd in die Toyota Stadion aangevat wat gelykop met 1 – 1 geëindig het. Egipte het die tuisskare geskok toe Mohamed Hassan Hashem Abdelaal die doelhok in die 66ste minuut gevind het maar Jamie Webber het ander planne gehad nadat hy in die 80ste minuut die kaptein Mahmoud Mohamed Kassem geklop het om sake vir Bafana gelyk te trek. Die Suid-Afrikaners reis nou na die Suez Kanaal Stadion in Ismailia waar diè twee spanne mekaar Sondag weer sal ontmoet met die wenner wat sal deurding na die tweede ronde van die CHAN kwalifiseringsronde wat in Mei 2025 beslis sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page