top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Banyana begin Afrikanasiesbeker-veldtog teen Botswana

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 28, 2025
1 min read

Banyana Banyana sal Botswana in hul Drie Nasies-reeks-openingswedstryd Woensdag aanvat gevolg deur ‘n wedstryd teen Zambië volgende Dinsdag in die Lucas Moripe Stadion in Atteridgeville, Pretoria. Hierdie wedstryde is van kritieke belang vir afrigter Desiree Ellis terwyl sy haar groep vir die komende Afrika-Nasiesbekerkampioenskapsreeks in Marokko finaliseer. Ellis het die belangrikheid van vordering in hul prestasie op die veld in diè vriendskaplike reeks oorbeklemtoon - en nie soseer die uitslag van hierdiè wedstryde nie. Die nasionale afrigter het ook bygevoeg dat die deur gaan oopbly vir spelers wat gaan hand opsteek om deel van S.A. se uitsoekgroep te wees en gaan moet inkoop in die Banyana missie om hul titel suksesvol te gaan verdedig van 5 tot 26 Julie in Marokko.

 
 
 

Comments


bottom of page