SOKKER: Banyana gereed om WAFCON-titel suksesvol te verdedig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 3, 2025
- 1 min read
Banyana Banyana se kaptein Amogelang Motau sê hul voorbereidings om Ghana Maandag in die openingswedstryd van die Afrikabeker vir Vroue te klop verloop volgens plan. Die Suid-Afrikaners het hul oefensessies in Casablanca gebruik om by die hitte aan te pas en hul strategieë in lyn te bring. Motau bly vol vertroue dat die span gereed sal wees om hul WAFCON-titel te verdedig en het haar spanmaats aangespoor om die Protea-kenteken eerste te stel, bo die uitdagings uit te styg en vir hul ondersteuners tuis te speel terwyl hulle Afrika weer eens wil verower. *Die Portugese sokkerster Diogo Jota wat vir Liverpool speel is Donderdag saam met sy broer in die noordweste van Spanje in ’n motorongeluk oorlede. Die 28-jarige Jota en sy 26-jarige broer Andrè wat ook ’n sokkerspeler is se voertuig het volgens die Spaanse polisie kort na middernag die snelweg verlaat na ’n band wat blykbaar gebars het. Diè voormalige ster van Atletico Madrid, Porto en Wolverhampton het verlede seisoen nege doele aangeteken en was ook deel van die Reds se span wat hul 20ste Premierliga-titel verower het.






Comments