top of page

SOKKER: Banyana val vas teen Engelse

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 30, 2024
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse vrouesokkerspan het kortgekom in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Engeland. Banyana Banyana het hulself geen gunste gedoen nie, met basiese foute wat hul keer op keer op die agtervoet geplaas het. Engeland het binne 23 minute twee doele aangeteken, en alhoewel Thembi Kgatlana hulle terug in die wedstryd gekry het, verloor die Suid-Afrikaners met 2-1. Banyana sal Donderdag weer in aksie te sien wees wanneer hulle teen Mosambiek te staan kom in die Cosafa-beker halfeindstryd in KwaZakele.

 
 
 

Comments


bottom of page