top of page

SOKKER: Bruno Fernandes bly lojaal aan Man United ten spyte van Saoedi-miljoene

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 5, 2025
  • 1 min read

Bruno Fernandes het ‘n winsgewende aanbod van Al Hilal van die hand gewys en verkies om eerder vir die komende seisoen by Manchester United te bly. Die Saoedi-klub was na bewering bereid om sy loon te verdriedubbel en £100 miljoen vir die oordrag te betaal maar United het geweier om hul kaptein te verkoop. Fernandes se kontrak verstrek aan die einde van 2027 en sê hy wil steeds op die hoogste vlak meeding en die Rooi Duiwels weer ‘n krag op die veld maak. United is vars van ‘n teleurstellende 15de plek en ‘n Europeuseliga eindstryd-nederlaag maar het reeds met die herbou van die span begin met die ondertekening van Matheus Cunha van Wolves. *Intussen het Suid-Afrika hul veldtog in die COSAFA-beker toernooi op ’n laagtepunt afgeskop toe hulle Woensdagaand met 0 – 1 teen Mosambiek in die Vrystaat Stadion vasgeval het. In die tweede wedstryd van die dag het Mauritius en Zimbabwe gelykop gespeel 0 - 0. Malawi pak Lesotho Donderdag weer om 15:00 in die Vrystaat Stadion terwyl die verdedigende kampioen Angola en Namibië 18:00 op die veld sal uitdraf. Diè toernooi in die Rosestad duur tot 15 Junie.

 
 
 

Comments


bottom of page