SOKKER: Chelsea as FIFA Klubwêreldbeker kampioen gekroon
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 14, 2025
- 1 min read
Chelsea het in ‘n meesterklas vertoning ‘n 3-0 oorwinning oor PSG in ‘n snikhete Klubwêreldbeker-eindstryd in die MetLife Stadion in New Jersey behaal. Cole Palmer het twee doele in die eerste helfte aangeteken voordat hy Joao Pedro in die 43ste minuut aangevoer het wat die oorwinning vir die Blues verseël het. “Ice-Cole” Palmer, ‘n voormalige Man City-jongspeler, is ook as Speler van die Toernooi aangewys. Benewens die titel as die wêreld se beste klubspan het Chelsea ook ‘n astronomiese $125-miljoen in prysgeld verdien.






Comments