SOKKER: Engeland wen opeenvolgende Europese Kampioenskaps-sokkertitels terwyl Nigerië ook ‘n rekord 10de WAFCON-trofee inpalm
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 28, 2025
- 1 min read
Engeland se vroue sokkerspan is weereens die Europese kampioen na ‘n spannende 3 -1 strafdoelstryd-oorwinning oor Spanje in Basel. Spanje het die vroeë stadiums oorheers en ‘n welverdiende voorsprong geneem maar Engeland het ‘n skitter terugkeer gemaak toe hulle in die tweede helfte sake gelyk kon trek. Dié oorwinning is ‘n derde Europese titel vir die bestuurder Sarina Wiegman en help om die pyn van Engeland se Wêreldbeker-eindstrydnederlaag teen Spanje twee jaar gelede uit die weg te ruim. *Nigerië het Saterdag in Rabat ‘n opwindende 3 - 2 oorwinning oor Marokko behaal vir ‘n rekord 10de WAFCON-titel. Intussen het Ghana Suid-Afrika met 4 - 3 geklop met strafskoppe in die bronsmedalje-wedstryd.






Comments