top of page

SOKKER: Finland se vroue-span kies per ongeluk 51-jarige speler wat 29 jaar gelede uitgetree het

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 5, 2025
  • 1 min read

Finland se nasionale vrouespan se afrigter het om verskoning nadat sy per ongeluk ‘n 51-jarige speler vandeesweek vir hul kragmeting teen Serwië gekies het. Stina Ruuskanen wat 29 jaar gelede in twee wedstryde vir Finland gespeel het is ingesluit ten koste van die 23-jarige verdediger Nanne Ruuskanen. Diè fout is eers na die sperdatum vir die indiening van die spanlyste ontdek wat die afrigter Outi Saarinen met ’n rooi gesig gelaat het terwyl diè twee dames glad nie eers verwant aan mekaar is nie. Stina het diè misverstand goed hanteer en skertsend gesê dat enige tyd gereed sal wees om vir haar land uit te draf terwyl die jonger en natuurlik teleurgestelde Nanne die stand van sake met groot waardigheid hanteer het.

 
 
 

Comments


bottom of page