SOKKER: Fluminense stuit Inter Milan by Klubwêreldbeker-toernooi
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 2, 2025
- 1 min read
Fluminense het die Klubwêreldbeker-kwarteindronde binne gestorm met ‘n 2 - 0 oorwinning oor Inter Milan in Charlotte. Ten spyte van swaar druk van Inter het ‘n doel in beseringstyd deur die plaasvervanger Hercules die sege beklink. Die Nerazzurri het hul kanse gehad maar kon nie Fluminense se rotsvaste verdediging onder leiding van doelwagter Fabio deurdring nie. Die veteraan Thiago Silva het sy span se taktiese wedstrydplan geprys terwyl die vleuelspeler Jhon Arias gesê het hulle speel nie net vir Fluminense nie maar vir die hele vasteland. *Fluminense ontmoet nou Al-Hilal in die laaste ronde van agt nadat hulle ’n skok oorwinning oor Manchester City behaal het.






Comments