top of page

SOKKER: Kampioeneliga-trofee vir vroue teruggevind nadat dit uit Lissabon gesteel is

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 21, 2025
  • 1 min read

Die Kampioeneliga-trofee vir vroue wat uit die Estádio José Alvalade stadion in Lissabon gesteel is, is teruggevind. Die trofee het Saterdag spoorloos verdwyn tydens ’n liga-wedstryd tussen Sporting Lissabon en Vitória maar is eers die volgende dag by die polisie aangemeld. Verskeie individue wat balaklawas gedra het, het ’n hek in die stadion se motorhuis oopgebreek en met diè trofee en ander toerusting wat ook aan UEFA behoort het laat spaander. Dertien verdagtes is geïdentifiseer terwyl die ondersoek voortduur en nog arrestasies wat mag volg. *Die Estádio José Alvalade stadion speel gasheer vir vanjaar se eindstryd tussen die verdedigende kampioen Barcelona en Arsenal op die 24ste Mei.

 
 
 

Comments


bottom of page