SOKKER: Liverpool spog met nuwe klereborg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 11, 2025
- 1 min read
Met een oog op die Engelse Premierliga-titel sal Liverpool vanaf volgende seisoen weer met ’n nuwe klereborg kan pronk. Die Reds, wat die afgelope vyf seisoene deur Nike geborg was, het ’n nuwe vyfjaar-ooreenkoms met Adidas beklink - wat meer as £60 miljoen per jaar beloop. Behalwe vir die finansiële inspuiting is die prestige klub reeds 15 ligapunte voor sy naaste teenstander Arsenal en op koers om die Premierliga-titel weereens in te palm. Die Reds se volgende wedstryd is eers weer op 2 April wanneer hulle Everton op Anfield pak.






Comments