top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Reds nog ’n tree nader aan Premier-Liga glorie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 3, 2025
1 min read

Liverpool het ‘n groot stap in die rigting van die Premierliga-titel geneem met ‘n 1 – 0 oorwinning oor Everton te danke aan ‘n doel deur Diogo Jota  in die tweede helfte wat ‘n oorwinning na twee agtereenvolgende nederlae vir die Reds  kon verseker het. Intussen het Manchester City opgeskuif na die vierde plek met ‘n 2 – 0 oorwinning oor Leicester, Newcastle het hul momentum behou deur Brentford met 2 - 1 te klop terwyl Aston Villa  vir Brighton met  3 – 0 pakslae gegee het. Southampton loop egter nou die risiko om die swakste span in die Premierliga-geskiedenis te word ná ‘n gelykopuitslag van 1 – 1 teen Crystal Palace terwyl  Ipswich Town hul hoop op oorlewing versterk het met ‘n 2 – 1 sege oor Bournemouth.

 
 
 

Comments


bottom of page