SOKKER: S.A. afrigter vol vertroue voor COSAFA-beker-openingswedstryd teen Mosambiek in Vrystaat Stadion
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 4, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse sokker-afrigter Veli Khumalo is vol vertroue dat sy span goeie rekenskap van hulself in die 2025 COSAFA-beker-toernooi sal gee in hul openingswedstryd teen Mosambiek Woensdagmiddag in die Vrystaat-stadion. Khumalo is optimisties oor sy span se kanse in Groep A wat ook Mauritius en Zimbabwe insluit. Hy het die belangrikheid beklemtoon om tuisvoordeel te laat tel en tevredenheid uitgespreek met die skerpte en toewyding wat sy spelers getoon het. Diè wedstryd skop om 15:00 af terwyl Mauritius en Zimbabwe mekaar dan daarna om 18:00 sal aanvat. Die verdedigende kampioen Angola is Donderdag in aksie teen Namibië in Groep B met diè kragmeting wat ook om 18:00 in Bloemfontein afskop. *Die COSAFA-beker-toernooi vind van 4 tot 15 Junie in Bloemfontein plaas.






Comments