SOKKER: SA o20 mans kwalifiseer vir Wêreldbekertoernooi
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 13, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika se o.20-mans span is deur na die o.20 FIFA Wêreldbeker-toernooi nadat hulle die DRK met 1-0 geklop het in ‘n uitmergelende kwarteindronde wedstryd by die o.20 AFCON in Egipte.Amajita se afrigter, Raymond Mdaka, het sy spelers se karakter en dissipline geprys en erken die Kongolese span het hulle in die eerste helfte takties uitoorlê en hulle gedwing om onder druk aan te pas.Die span verskuif nou fokus na Donderdag se halfeindstryd teen Nigerië waar diè wedstryd om 17:00 in die Suez Kanaal Stadion in Ismailia afskop.Die o.20 Wêreldbeker-toernooi begin op 27 September in Chili en duur tot 19 Oktober.






Comments