SOKKER: Skeidsregter van Peru karate-skop afrigter na dramatiese vroeë einde in plaaslike liga-wedstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 2, 2025
- 1 min read
Luis Alegre, ’n skeidsregter van die Copa-Peru liga in Peru het in tipiese Bruce Lee-styl ‘n vroeë einde aan ’n plaaslike ligawedstryd tussen Sport Huaquillas en Magdalena CEDEC gebring nadat hy ’n ontstoke lid van laasgenoemde se afrgtingspan letterlik in sy spore gestuit het. Van die Magdalena-spelers het hul afrigter weer terug op sy voete gehelp nadat hy Alegre met ’n plastiekbottel wou bydam oor ’n omstrede beslissing in die 82ste minuut waarna die eindlfuitjie ook geblaas is en die polisie tussen beide moes tree om Allegre en sy lynregters te beskerm. Daar is nog nie duidelikheid of tugstappe teen beide geneem gaan word nie en of die afrigter mediese behandeling moes ontvang het nie. Die Peruaanse liga is wel bekend vir fisieke konfrontasies nadat Welington Smith, 'n Brasiliaanse speler in 2013 met ’n rooikaart van die veld gestuur is vir ’n soortgelyke voorval en is boonop vir 14 wedstryde geskors.






Comments