SOKKER: Sundowns skop Wêreldbeker-klubtoernooi veldtog op wennoot af
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 19, 2025
- 1 min read
Mamelodi Sundowns het hul WB-toernooi vir klubs op ‘n wennoot afgeskop toe hulle die eerste Afrika-span was wat in vanjaar se reeks met ‘n sege kon wegstap. Die span van die Jakaranda-stad het Ulsan HD van Suid-Korea met 1 – 0 in Orlando geklop. Vroeër is die wedstryd se afskop met ‘n uur vertraag weens weerlig met 3412 toeskouers wat toe nog teenwoordig was. Dit was die Brazilians wat met die kenmerkende geel hemde speel se eerste oorwinning in ‘n Wêreldbeker-klubtoernooi nadat hulle in 2016 met ‘n eerste verskyning in diè toernooi albei hul groepwedstryde verloor het. *Sundowns ontmoet nou die gedugte Borussia Dortmund volgende met die kragmeting wat Sondag in Cincinnati gespeel word.






Comments