top of page

SOKKER: WAFCON bied Banyana kans om volgende generasie spelers te vorm

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 24, 2025
  • 1 min read

Die voormalige Banyana-kaptein Simphiwe Dludlu sien die Afrika-beker van Nasies vir Vroue as ‘n waardevolle geleentheid vir afrigter Desiree Ellis om nuwe opkomende spelers te identifiseer en na die nasionale groep op te trek. Dludlu glo die tydsberekening is ideaal aangesien WAFCON nie ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder is nie wat Ellis die ruimte gee om ‘n sterk en gebalanseerde groep te bou. Die onbeskikbaarheid van veteraan spelers sal plek maak vir jonger spelers om hulself te bewys voor die 2027 Wêreldbeker vir Vroue. Sy het die mengsel in die voorlopige groep van 28 spelers geprys en die belangrikheid van vriendskaplike wedstryde beklemtoon as voorbereiding vir ‘n suksesvolle titel verdediging.

 
 
 

Comments


bottom of page