Soldate het vertroue in hul leierskorps en politici verloor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 16
- 1 min read
Soldate het nie vertroue in die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en politici nie.
Dit luidens ‘n studie deur die Universiteit van Stellenbosch. Soldate meen dat die leierskorps en politici nie in pas is met die lyding van soldate op die grond nie.
Hulle is veral bekommerd oor vredesontplooiings wat haastig beplan word sonder die nodige hulpbronne en toerusting.
Soldate is ook grootliks ontevrede wanneer hulle vir binnelandse missies ontplooi word.
Hulle voel dat binnelandse ontplooiings nie is waarvoor die weermag gestig is nie en dat hulle misbruik word.







Comments