top of page

Soldate is betrap toe hulle glo kabels wil smous

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 10, 2025
  • 1 min read

Twee soldate is met ’n militêre bakkie vol kabels betrap toe hulle glo op pad was om die kabels as skrootmetaal te gaan verkoop.


Volgens bronne is albei soldate verbonde aan die militêre polisieskool in Thaba Tshwane.


Rapport verneem ‘n weermagoffisier het hulle by ‘n groot skrootmetaalmaatskappy voorgekeer.


‘n Weermagwoordvoerder het bevestig dat die saak deur die militere polisie ondersoek word.


Die bevelvoerende general van die polisie beskou die aantygings in ‘n ernstige lig, en die nodige interne prosesse is begin om die feite en aanpreeklikheid te bepaal.


Thaba Tswane loop gereeld deur onder kragonderbrekings, en die weermag is daar vir die kragvoorsiening asook die vervanging van probleem kabels verantwoordelik.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page