top of page

Soldate kan dalk na geweldgeteisterde gebiede ontplooi word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 26
  • 1 min read

Daar word oorweeg om die weermag na bendegeweld-brandpunte in Suid-Afrika te ontplooi.


Dit volg na verskeie voorvalle waar beweerde bendelede onskuldige inwoners vermoor het.


President Cyril Ramaphosa het egter buite die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee Lekgotla aan die media gesê dat soldate nie soos polisiebeamptes opgelei word nie.


Hy waarsku dat soldate opgelei word om te skiet om dood te maak, en daarom moet die oorweging om hulle te ontplooi deeglik oorweeg word.


Ter illustrasie. FOTO: News24
Ter illustrasie. FOTO: News24

Comments


bottom of page