Soldate-ontplooiing kos miljoene — die DA wil weet hoekom
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 24
- 1 min read
Die DA wil hê die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag moet Parlement toe terugkeer om rekenskap te gee oor R823 miljoen vir misdaadbekamping.
Volgens EWN sê die party die bedrag is vroeër die maand voorgelê, maar sonder ’n duidelike uiteensetting van hoe dit bestee gaan word.
Soldate help tans die polisie in verskeie provinsies teen onder meer onwettige mynbou en bendegeweld, met die ontplooiing wat tot Maart volgende jaar sal duur.
Die DA se Nicholas Gotsell sê ’n volledige kosteverdeling is noodsaaklik — veral omdat die departement na bewering 34% van alle korrupsie-ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid en die Valke uitmaak.








Comments