top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Soldate toets hul skietvernuf in Bfn

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 28
  • 1 min read

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en soldate van verskeie buurlande neem vandeesweek deel aan ’n militêre skietkompetisie buite Bloemfontein.


Voglens ‘n plasing op sosiale media is deelnemers van Botswana, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe deel van vanjaar se Combat Rifle Shooting Evaluation by die Generaal De Wet-skietbaan.


Die kompetisie toets soldate se skietvernuf, spoed en uithouvermoë onder verskillende toestande.


Een van die uitdagings vereis dat deelnemers tussen skietpunte hardloop voordat hulle vanuit verskillende posisies op teikens vuur.


Intussen het die SANW-hoof, luitenant-generaal Lawrence Mbatha, ook hierdie week militêre toerusting by De Brug in Bloemfontein geïnspekteer wat ná ontplooiings in die Demokratiese Republiek van die Kongo na Suid-Afrika vervoer is.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page