top of page

Solidariteit besoek Amerikaanse state

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 2
  • 1 min read

Solidariteit en die Solidariteit Beweging is tans op ’n 24-dae toer deur sewe Amerikaanse state om steun vir Suid-Afrikaanse werkers te werf.


Die vakbond het onder andere by die Mackinac Republikeinse Leierskapskonferensie in Michigan opgetree, en is die eerste Suid-Afrikaanse organisasie wat genooi is om daar te praat.


Solidariteit waarsku dat handelstariewe en politieke onsekerheid moontlik tot 500 000 werksverliese in Suid-Afrika kan lei, met 350 000 afleggings wat reeds in proses is.


Volgens Solidariteit se hoof van internasionale skakeling, Jaco Kleynhans, is hulle hierdie week in die deelstaat Texas.


Jaco Kleynhans. FOTO: Facebook
Jaco Kleynhans. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page