Solidariteit dien ‘n amptelike klagte by die VN in
- Armando Pieters

- Jun 19
- 1 min read
Die vakbond Solidariteit het ‘n amptelike klagte by die Verenigde Nasies (VN) ingedien en het hulle versoek om self na Suid-Afrika te reis om in te gryp by die regering se raswetgewing. Solidariteit verkla die Suid-Afrikaanse regering van minagting van internasionale regsbeginsels oor regstellende aksie. Dit hou verband met die regering se voortdurende pogings om rasvoorskrifte vir die werkplek in die land af te dwing. Die vakbond hou vol dat die wetgewing nie net minderhede van werksgeleenthede ontneem nie, maar dat dit slegs die elite en tenderpreneurs bevoordeel en nie die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap nie.





Comments