top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Solidariteit: 'Hoekom is Afrikaans van toelatingseksamens verwyder?'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 13
  • 1 min read

Solidariteit het 'n aansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingedien om owerhede te dwing om te verduidelik hoe ʼn besluit oor Afrikaans se afskaffing uit toelatingseksamens vir regspraktisyns geneem is.


Maroela Media berig dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad (RPR) glo versuim het om rekords bekend te maak ná afloop van Solidariteit se aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia). Toegang hiertoe is nie behoorlik gegee nie en gevolglik sê Solidariteit die RPR het versuim om sy grondwetlike en statutêre verpligtinge ingevolge Paia na te kom.


Volgens Solidariteit se Emil Glas is dit onaanvaarbaar dat antwoorde steeds ontbreek oor ʼn saak wat tegelyk oor moedertaalregte en billike toegang tot die regsberoep gaan. Hy sê daar kan nie net goegekyk word hoe Afrikaans stelselmatig uit beroepsruimtes verwyder word nie, en beslis nie waar geen behoorlike verduideliking geskied het nie.


Die hof sal onder meer moet beslis of die RPR sy verpligtinge ingevolge Paia nagekom het en of Solidariteit geregtig is op die rekords en inligting wat aangevra is.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page