top of page

Solidariteit-hoof sê daar is groot fout by FlySafair

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 29, 2025
  • 1 min read

Die vakbond Solidariteit het die uitvoerende hoof van FlySafair, Elmar Conradie, gevra om in te gryp en die vlieënierstaking, wat nou in sy tweede week is, te beëindig.

Newskoop berig Solidariteit sê gesprekke onder die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het misluk, en meer as 90% van die vlieëniers het die jongste aanbod verwerp.

LUISTER:

Maroela Media berig voorts dat Solidariteit se bestuurshoof, Dirk Hermann, ‘n ope brief aan Conradie gerig het, waarin hy beweer daar is “iets groot fout by FlySafair” aangesien 90% van mense, wat vanweë hul uitsonderlike vaardighede en die moeilikheidsgraad van hul beroep in die hoë-inkomstekategorie val, wil bly staak.

 
 
 

Comments


bottom of page