Solidariteit is steeds teen die NGV gekant
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 16
- 1 min read
Solidariteit sal nie hul teenkanting teen die Nasionale Gesondheidsversekeringswet (NGV) laat vaar nie.
Luidens ‘n media verklaring is dit ondanks die minister van finansies, Enoch Godongwana, se oproep dat teenstanders daarvan die strydbyl moet begrawe.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat regsgedinge teen die NGV volgens Godongwana buite die hof geskik moet word.
Intussen sê Solidariteit hoewel hulle steeds bereid is tot gesprek en skikking, sal dit slegs moontlik wees rondom ʼn volhoubare alternatief, en nie rondom enige vorm van NGV nie.
Hulle voeg by hierdie teenstand is in die belang van alle Suid-Afrikaners.
Dit aangesien gesondheidsorg nie toevertrou kan word aan ʼn staat wie se bestaande openbare gesondheidstelsel reeds faal nie.







Comments