Solidariteit lê ’n formele klagte teen die regering by die VN
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 15
- 1 min read
Solidariteit het ’n formele klagte teen die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies se Internasionale Arbeidsorganisasie ingedien.
Volgens inligting wat deur die organisasie gedeel is, hou die klagte verband met ’n ooreenkoms oor rassewetgewing wat glo nie deur die regering nagekom is nie.
Solidariteit sê die ooreenkoms, wat onder toesig van die organisasie bereik is, het onder meer bepaal dat ras nie die enigste vereiste vir aanstellings mag wees nie en dat vaardighede in ag geneem moet word.
Die organisasie voer aan dat die ooreenkoms ook vereis het dat sekere bepalings in regulasies gepubliseer moet word, wat volgens hulle nie gebeur het nie.
Solidariteit se uitvoerende hoof, Dirk Hermann, sê die stap volg omdat die regering glo nie die ooreenkoms en verwante hofbevele nagekom het nie.
Die organisasie sê hy sal die saak ook plaaslik verder neem.








Comments