Solidariteit sê gesondheidslui kan nie soos pionne geskuif word nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 10
- 1 min read
Solidariteit sê hy bestry die staat se sentraliseringsdoelwit om dokters, verpleegkundiges en enige ander gesondheidspraktisyns soos pionne rond te skuif.
Adjunkbestuurshoof van Solidariteit, Anton van der Bijl, sê dit is sodat die staat in effek sy eie onvermoë om Suid-Afrika van gehaltegesondheidsorg te voorsien, kan verbloem.
Maroela Media berig Solidariteit se regspan het die Konstitusionele Hof gevra dat gedeeltes in die Nasionale Gesondheidswet van 2003, wat gesondheidspraktisyns se reg misken om te besluit watter dienste hulle lewer – en wáár hulle dit lewer – as ongrondwetlik verklaar word.
Die staat se regspan het weer aangevoer die behoeftesertifikaat het ten doel om transformasie en gelyke toegang tot gesondheidsorg in Suid-Afrika te bevorder.
Solidariteit glo ʼn gunstige uitspraak is van kardinale belang in die stryd teen sentrale staatsbeheer in die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgsektor, wat die staat deur die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) probeer uitbrei.
Uitspraak is voorbehou.





Comments