Solidariteit sê grootskaalse afleggings is die regering se skuld
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 16
- 1 min read
Solidariteit het ’n formele dispuut teen die regering by die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) verklaar. Dit ná die “golf van afleggings” by maatskappye soos Glencore Operations, ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) en Ford.
Die vakbond het spesifiek besluit om ’n dispuut teen pres. Cyril Ramaphosa se regering te verklaar en nié die werkgewers wat genoop word om amptelike kennisgewings van afleggings uit te reik nie.
Maroela Media berig die hoofsekretaris van Solidariteit, Gideon du Plessis, het Dinsdag gesê die regering is die oorsaak van alles.
Die redes wat in kennisgewings en in gesprekke met werkgewers aangevoer word, sluit in swak infrastruktuur soos spoorlyne en hawens, onvoorspelbare kragvoorsiening en elektrisiteitspryse, swak beleid en die regering se onvermoë om ʼn gunstige handelsooreenkoms met die regering te sluit.





Comments