Solidariteit sê Kanada-besoek is nutteloos

Die Solidariteitsbeweging se hoof van internasionale skakeling, Jaco Kleynhans, sê daar gaan niks van President Cyril Ramaphosa se bywoning van die G7-beraad in Kanada kom nie.
Dit nadat Ramaphosa en president Donald Trump van Amerika nie formeel vergader het nie, wat, volgens Kleynhans, beteken dat Suid-Afrika steeds geen nuwe handelsooreenkoms met Amerika in plek het nie.
Maroela Media berig dat Ramaphosa egter reken sy bywoning was wel voordelig.
Kleynhans sê Suid-Afrika het geen konkrete voorstelle gemaak nie. Hy sê bloot die feit dat Ramaphosa genooi was, is die belangrikste oorwinning.
Ramaphosa se gesprekke met Mark Carney, eerste minister van Kanada en president van die G7, en Narendra Modi, eerste minister van Indië, was volgens Kleynhans bloot “kort en vriendelik” met min om daarvoor te wys.








Comments