top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Solidariteit vra dat werksomstandighede by Unisa ondersoek word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 5
  • 1 min read

Die vakbond Solidariteit versoek die regering om die werksomstandighede by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) te ondersoek en sê dat personeel oormatige werklas, uitbranding en erge stres ervaar.


Die vakbond sê ‘n opname onder sy lede het kommer oor personeeltekorte en die verslegtende welstand van werknemers bevestig.


Solidariteit se netwerkorganiseerder vir die professionele sektor, Anique Niemand, sê die vakbond beplan om sy bevindinge aan die minister van Hoër Onderwys en die parlement se portefeuljekomitee voor te lê.


Niemand versoek ‘n dringende ondersoek en ingryping om werknemers se gesondheid, veiligheid en werksomstandighede te beskerm.


Anique Niemand

FOTO: Unisa
FOTO: Unisa

 
 
 

Comments


bottom of page