Solidariteit waarsku nuwe regulasies rondom raskwotas is waarskynlik onwettig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 23, 2025
- 1 min read
Solidariteit waarsku werkgewers regoor die land dat die minister van indiensneming en arbeid, Nomakhosazana Meth, se nuwe regulasies rondom regulasie-gebaseerde raskwotas waarskynlik onwettig is.
Maroela Media berig die vakbond sê besighede moenie enige rasplanne teen 1 September indien nie, aangesien dit werkgewers kwesbaar kan laat vir regstappe teen hulle, sou hierdie regulasies deur die hof onwettig verklaar word.
Solidariteit het reeds ʼn hersieningsaansoek by die hof ingedien waarin die wettigheid van die regulasies betwis word.
Die Wysigingswet op Billike Indiensneming maak, volgens Meth se eie verduideliking, staat op “generiese” definisies van werknemers se velkleur.
Sy sê dat indien ʼn werknemer nie hulself rasgewys wil klassifiseer nie, hul werkgewer wetlik verplig is om dit namens hulle te doen.






Comments