Sommige aartappel-boere sal dalk nie die prysdaling oorleef nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 7
- 1 min read
Landbou-ontleders sê hulle verwag dat die land se aartappelpryse dwarsdeur die maand sal aanhou daal voordat dit op lae vlakke stabiliseer, en Aartappels Suid-Afrika waarsku dat sommige boere die huidige prysdaling dalk nie sal oorleef nie.
Ontleders skryf die daling toe aan ’n gematigde winter tesame met aggressiewe aanplantings, wat tot ’n ooraanbod gelei het.
Volgens FreshPlaza kan die prys vir die res van die jaar rondom R3.50 per kilogram stabiliseer.
Intussen berig Moneyweb dat baie produsente teen hierdie vlakke teen ’n verlies werk.






Comments