top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sommige bepalings van Wet op Vlugtelinge is ongrondwetlik

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 16, 2025
1 min read

Sommige bepalings van die Wet op Vlugtelinge is deur die hooggeregshof in die Wes-Kaap as ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Dit bring ʼn mate van hoop vir verskeie asielsoekers wat die land onwettig binnegekom het, en bring ‘n meer as twee-jaar-lange regstryd ‘n stap nader aan finaliteit. Die nie-winsgewende organisasie, Scalibrini Centre, het in 2023 die Departement van Binnelandse Sake suksesvol verbied om buitelandse burgers te deporteer indien hulle aangedui het dat hulle voorneme is om asiel aansoek te doen. Die organisasie glo dat die deportasie van buitelandse burgers sonder behoorlike inagneming van hul aansoeke om asiel ongrondwetlik is, en in stryd is met internasionale praktyke.

 
 
 

Comments


bottom of page