Sommige binnekort nie meer deur arbeidswetgewing beskerm nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 31, 2025
- 1 min read
Werknemers wat meer as R21 812 per maand verdien, sal vanaf 1 April 2025 nie meer deur sekere arbeidswetgewing beskerm word nie. Hoër verdieners sal nou self verantwoordelik wees om arbeidsgeskille na die Arbeidshof te neem. Die nuwe verdienste-drumpel, wat in die Staatskoerant gepubliseer is, is teenoor verlede jaar met 2,9% verhoog. Arbeidskenners sê dat die Wet op Basiese Diensvoorwaardes ontwerp is om kwesbare werknemers te beskerm.







Comments