top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sommige speurders hanteer tot 800 strafsake op ‘n slag

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 7
1 min read

Sommige speurders van die Suid-Afrikaanse Polisiediens hanteer glo tussen 600 en 800 strafsaakdossiere op ’n slag.


Volgens eNCA het ’n aanbieding van die Ouditeur-generaal aan die Parlement die omvang van die probleem uitgelig.


Die kriminoloog Jacob Mofokeng sê die syfers wys op ’n veel groter probleem binne die strafregstelsel. Hy sê ’n speurder kan onmoontlik honderde sake gelyktydig behoorlik ondersoek.


Dit kan volgens hom lei tot vertraagde ondersoeke, verswakte dossiere en moontlik minder suksesvolle vervolgings. Slagoffers kan ook gefrustreerd raak en vertroue in die strafregstelsel verloor.


Mofokeng sê die probleem is nie nuut nie. Hy sê kenners het reeds in 2012 die Parlement oor speurders se werkslading toegespreek. Destyds het elke speurder sowat 100 dossiere hanteer.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page