top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sonder dringende ingryping kan Padongelukkefonds in duie stort

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 4, 2024
1 min read

Sonder onmiddellike optrede kan die land se Padongelukkefonds geheel in duie stort. So sê die DA in sy beroep op Barbara Creecy, minister van vervoer, om dringend by die fonds in te gryp. Benewens talle bestuursprobleme, wys die DA ook uit dat die uitbetaal van eise ongeveer vier maande gelede gestaak is. Terwyl die regte van padongelukslagoffers ondermyn word, sê die party daar heers ook groot kommer oor direksie-werksaamhede, wat sonder behoorlike toesig geskied. Aldus Chris Hunsinger van die DA stuur die huidige toedrag van sake by die Padongelukkefonds op ‘n ramp af.

 
 
 

Comments


bottom of page