top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sonkragstelsels moet by Eskom geregistreer wees

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 10, 2024
1 min read

Eskom sê dat dit onwettig is om sonkragstelsels aan sy netwerk te koppel en dit nie by hulle te registreer nie. Dit geld ook al voed hulle nie elektrisiteit terug in die netwerk nie. Die tipiese sertifikaat van voldoening wat gekwalifiseerde elektrisiëns dikwels uitreik om 'n sonkraginstallasie veilig te verklaar, word ook deur die kragvoorsiener as onvoldoende beskou. MyBroadband het verneem dat Eskom-personeel sy direkte kliënte besoek het, en eis dat diegene met net-gebonde sonkrag, addisionele toerusting moet installeer asook dat hulle nuwe goedkeuring moet verkry.

 
 
 

Comments


bottom of page