Sonpaneel-batterye veroorsaak twee huisbrande in Bloemfontein
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 10, 2025
- 1 min read
Twee huisbrande het die week in Bloemfontein uitgebreek weens sonpaneel-batterye wat aan die brand geraak het. Volgens Netwerk24 het ‘n buitekamer in Gladstoneweg, Bayswater afgebrand nadat die sonkragstelsel se battery in die kamer ontplof het. ‘n Battery wat in ‘n gang by ‘n huis in Welthagenstraat, Fichardpark, gestaan het, het gisteraand aan die brand geraak. Die brand het egter nie verder versprei nie en die huis het slegs rookskade opgedoen. Volgens die afdelingsoof van die Mangaung metro se brand-en-reddingsdienste, Braam van Zyl, kom die soort brande al hoe meer voor. Sonkragstelsels moet dikwels versien word en daar word berig dat ‘n litium-brandblusser naby die battery moet wees. Dit aangesien gewone brandblussers nie ‘n brand wat deur litium-batterye veroorsaak is sal blus nie.






Comments