top of page

Sonsak in die Vrystaat pryk boaan treffersparades

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 25, 2025
  • 1 min read

Vir die musiekgroep Rooksein is hul eerste plek op Apple Music se Afrikaanse trefferparade ʼn heel onverwagse gebeurtenis. Maroela Media berig die groep se jongste enkelsnit, Sonsak in die Vrystaat, wat deur ʼn asemrowende toneel in dié provinsie geïnspireer is, pryk al vir meer as drie weke boaan treffersparades en is ʼn eerste vir die groep. Die groep vertel dat hulle op pad terug was van ʼn toer in die Vrystaat toe die sonsopkoms hul onverwags begroet het. Renier van der Westhuizen, wat die toerbussie bestuur het, het summier afgetrek sodat die groep eers die sonsopkoms kon bewonder. Die groep erken dat hulle die afgelope ruk baie met hulle musiek geëksperimenteer het, maar dat Sonsak in die Vrystaat ʼn tree nader is aan die gevoel waarvoor hulle bekend is.

 
 
 

Comments


bottom of page