Soutpan-man is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir huisroof
- Armando Pieters

- May 28
- 1 min read
ʼn Man van Soutpan is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir ’n gewelddadige huisroof in 2020. Volgens ’n polisieverklaring het hy en twee ander mans op 22 Februarie op ’n plaas by Soutpan ’n 57-jarige vrou in haar huis oorval, met ’n mes gesteek en aangerand. Die vrou is vasgebind en beroof van klere, selfone en ’n bankkaart. Sy kon later hulp ontbied. Die saak is in 2022 heropen en deur Kaptein Jacques Wilson ondersoek. Die beskuldigde is skuldig bevind op drie aanklagte, waaronder roof en aanranding, en is effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.





Comments