top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sowat 18 000 buitelanders in Suid-Afrikaanse tronke

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2024
1 min read

Buitelandse burgers wat weens misdaad in Suid-Afrika vasgetrek word is weens die onwettige mybedrywighede in Stilfontein in Noordwes, op die voorgrond. Sowat eenduisend van hierdie onwettige myners is op een slag in hegtenis geneem. Volgens die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, is daar sowat 18 000 buitelandse burgers tans in Suid-Afrikaanse tronke wat tronkstraf uitdien. Hy sê dit plaas ongelooflike druk op die land se reeds oorvol tronke en het ʼn enorme uitwerking op sy departement se hulpbronne. Groenewald voeg by dat buitelanders tans 11 persent van die land se tronkbevolking uitmaak.

 
 
 

Comments


bottom of page