top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sowat 40kg dwelms is by Krugerwildtuin se Malelane-hek

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30
1 min read

Updated: Oct 8

Sowat 40kg dwelms, vermoedelik dagga, is by die Malelane-hek van die Krugerwildtuin onderskep.


Volgens SANParke het sekuriteitswagte die dwelms tydens ’n veiligheids- en toegangsbeheeroperasie in ’n voertuig gevind wat aan ’n konsessiehouer van die park behoort.


Die saak is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.


Die organisasie sê in ‘n mediaverklaring hy werk ten volle met die polisie saam en handhaaf ’n geenverdraagsaamheidsbenadering teenoor onwettige bedrywighede in sy nasionale parke.


SANParke voeg by dat hy nie verder kommentaar sal lewer terwyl die ondersoek voortduur nie.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
sanparke FB
 
 
 

Comments


bottom of page