Spanning loop hoog soos myners se loononderhandelings begin
- Saamgestel deur Jana Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Spanning loop hoog by Gold Fields se South Deep-myn waar loononderhandelings vandeesweek begin.
SABC-nuus berig die vakbonde, N.U.M en UASA beweer dat bestuur nie konstruktief met hulle onderhandel het nie, en eis om die jongste geouditeerde finansiële verslae te sien. Vakbonde eis 'n verhoging van 11 persent vir laagsbesoldigde werkers en nege-komma-vyf persent vir ambagsmanne en amptenare.
Goldfields bied sewe persent en vyf-komma-sewe persent onderskeidelik aan.
Die N.U.M se hoofonderhandelaar, Ntshane Monaheng, sê met die hoër goudpryse kan die maatskappy bekostig om meer te betaal gegewe die miljoene rand wat aan bestuurslede betaal word.








Comments