Spar herroep sekere jogurtprodukte
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 10
- 1 min read
Spar het 'n reeks jogurtprodukte landswyd herroep nadat 'n tegniese fout tydens die vervaardigingsproses moontlik die gehalte van die produkte beïnvloed het.
Die Nasionale Verbruikerskommissie sê in ‘n mediaverklring Spar het die herroeping aangemeld nadat 'n masjienfout veroorsaak het dat sommige produkte tekens van opblaas toon, wat die smaak, reuk en voorkoms kan beïnvloed.
Die betrokke produkte het 'n verkoop-teen-datum van 9 Augustus 2026 en 'n gebruik-teen-datum van 12 Augustus 2026.
Die gebruik van die betrokke produkte kan maagongemak veroorsaak.
Verbruikers word aangeraai om die produkte nie te gebruik nie en dit na hul naaste Spar-winkel terug te neem vir 'n volle terugbetaling of omruiling.








Comments