Spaza-winkeleienaars kla oor die streng registrasievereistes
- Armando Pieters

- Dec 5, 2024
- 1 min read
Sommige spaza-winkeleienaars in Soweto kla oor die streng vereistes om hul besighede te registreer. Volgens Eyewitness News het die regering verlede maand vir alle spaza-winkeleienaars 21 dae gegee om hulle besighede by plaaslike munisipaliteite te registreer. Van die eienaars sê hulle sukkel om te registreer en ander kla dat die fooi van ‘n duisend-vierhonderd rand te veel vir ‘n klein besigheid is. Intussen het die politieke party ActionSA vroeër die week gevra dat spaza-winkels uitsluitlik vir Suid-Afrikaners gereserveer moet word. Die party is ook bekommerd oor onwettige immigrante wat hierdie besighede bedryf en na bewering vervalste produkte verkoop. Die sperdatum vir spaza-winkelregistrasie is volgende week Vrydag.





Comments