top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Spaza-winkels in Noord-Kaap het ‘n 6% 'slaagsyfer'

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2024
1 min read

In ‘n ondersoek van 34 spaza-winkels in die Noord-Kaap het slegs twee winkels die inspeksie geslaag. The Citizen berig groot hoeveelhede vervalde, beskadigde en vrot vleis asook kositems is tydens die besoeke gekonfiskeer is. Sewe ongedokumenteerde buitelandse burgers is in hegtenis geneem en aan die Departement van Binnelandse Sake oorhandig, en drie boetes is uitgereik. Die polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, brigadier Mashay Gamieldien, het die gemeenskap gevra om met amptenare saam te werk om inwoners se veiligheid te verseker. President Cyril Ramaphosa het Vrydagaand aangekondig dat spaza-winkels en voedselhanteringsfasiliteite binne drie weke by munisipaliteite moet registreer.

 
 
 

Comments


bottom of page